Home » Tuis

Tuis

WIE IS ONS?

Uitkoms Versorgingsentrum is ‘n sentrum vir verstandelik en intellektueel gestremdes wat uit twee nie-winsgewendeUitkoms Sign Boardentiteite bestaan; ‘n Maatskappy wat die bedryf hanteer en ‘n Organisasie wat die fasiliteite beskikbaar stel vir die gestremdes se versorging. Die Sentrum is in 1990 gestig deur Me Pikkie van der Merwe die moeder van ‘n verstandelik gestremde.
Die Sentrum is gevestig op ‘n 2.2 hektaar prima stadserf, naby die Kolonnade Besigheidsentrum, aan die voet van die Magaliesberg in Montanapark Pretoria.