Meer oor Uitkoms
VISIE
Die visie van die Sentrum is,
“om verstandelik/intellektueel gestremde volwasse inwoners en dagwerkers van alle rasgroepe en beide geslagte, wat aan die minimum toelatingskriteria voldoen, lewenslank te versorg teen ‘n bekostigbare tarief.”
-
-
Liefde vir mense by Uitkoms Versorging Sentrum
-
-
Liefde vir mense by Uitkoms Versorging Sentrum
-
-
Liefde vir mense by Uitkoms Versorging Sentrum
-
-
Liefde vir mense by Uitkoms Versorging Sentrum
MISSIE
Die Missie van die Sentrum is
“om sy finansies, goed toegeruste fasiliteite, stimulerende werkswinkelprogramme en opgeleide personeel, te gebruik om verstandelik/intellektueel gestremde volwassenes, lewenslank, geestelik en fisies te versorg in ‘n huislike en veilige omgewing.”
-
-
Tannie Pikkie
-
-
Uitkoms Versorging Sentrum Personeel
-
-
Almal by Uitkoms Versorging Sentrum
KERNWAARDES
Die volgende kernwaardes vorm die steunpillare waarop die Sentrum rus;
• die handhawing van Christelike waardes en norme;
• finansiële onafhanlikheid sonder Staatshulp;
• bekwame Direksie -en Bestuurslede;
• toegewyde personeelkorps
FASILITEITE
Behalwe vir die 40 enkel slaapkamergeriewe, en 9 spesiale kamers is daar ook ‘n Werkswinkel op die terrein waar ‘n totaal van 58 inwoners en dagwerkers, daagliks in die week blootgestel word, aan, stimulerende gedifferensieerde werksprogramme, waar kontrakwerk vir buite kontrakteurs gedoen en artikels vir verkoping gemaak word.
-
-
Die kreatiwiteit vloei omtrent hier
BESTURE
Die besture van beide entiteite word jaarliks gekies deur die ouers/voogde van die gestremdes tydens die Algemene Ledevergadering. Die Direksie van die Maatskappy is verantwoordelik vir die beplanning, organisering en beheer van die Sentrum se bedryf. Die Bestuur van die Organisasie hanteer die instandhouding van die geboue kompleks en fasiliteite.
-
-
Gert Jordaan – Uitvoerende Hoof
-
-
Fanie Immelmann VS (Maatskappy)
-
-
RP van Wyk VS (Organisasie)